Check nearby libraries
Buy this book
KRONIEK VAN DIE KAMPKINDERS
Dit is die verhaal van die oorlewendes van die gruwelike helkampe; toe die Britse beul oor ons Boerevolk aangestel was om ʼn verowerde, verpletterde volk morsdood te maak. Toe die wese en die weduwees wat die moordkampe oorleef het, op hul vernielde plase afgelaai sonder kos, sonder selfs ʼn sinkplaat om onder te skuil op daardie plase moes oorleef. Toe ons voorouers sonder heenkome, werklik op moedverloor se vlakte uitgeskud, moes opstaan teen Milner se uitgesproke doel om die Boerevolk te “crush” en sy reuse poging om Boerkindertjies te verengels, (net soos vandag.)
Hierdie is ʼn dokument van die Bittereinders se waarborg dat die Boerevolk nie sal sterf nie. Dit is die verhaal van Hans en Trienie Grobbelaar se dogtertjie, Lientjie. Loop saam op haar lewenspad waar sy die Bittereinderstryd vir ons volk voort dra deur die Rebellie van 1914 tot na die groot mynwerkerstaking, waar lojaliteite en verdelingslyne deurmekaar loop. ʼn Pad waar liefde, dood, vreemde ideologieë en nasionaliteite ineenvleg tot ʼn merkwaardige ware beeld van die werklikheid.
Die jare ná die mensonterende VREDE VAN VEREENIGING is deur ons skrywers in ʼn groot mate afgeskeep. Dit is eintlik ʼn verlore stuk geskiedenis. In hierdie verhaal laat HS van Blerk daardie ellendetydperk van die Boer, vir ons lewe. Hy neem die geskiedenis van die Vrede af, dra u deur Botha en Smuts se Eerste Wêreldoorlog, die tyd van die Rebellie, die groot griep van 1918 en die 1922-mynwerkerstaking met al sy wel en weë.
Kroniek van die Kampkinders gee u ʼn kykie agter die gordyn van gebeure soos geen skrywer in Afrikaans dit nog gedoen het nie. “ʼn Brok geskiedenis wat nie ongepubliseer durf bly nie” het ʼn keurder van ons grootste uitgewery dit destyds genoem.
Check nearby libraries
Buy this book
Subjects
Historical noval, survivors of the Brittish Concentration camps, after Anglo Boer War 1899 - 1902.People
Boerevolk.Places
Pretoria, Vereeniging, Transvaal, Oranje VrystaatTimes
1902 - 1925Showing 1 featured edition. View all 1 editions?
Edition | Availability |
---|---|
1 |
aaaa
Libraries near you:
WorldCat
|
Book Details
Edition Notes
Classifications
The Physical Object
ID Numbers
Community Reviews (0)
Feedback?History
- Created April 1, 2008
- 4 revisions
Wikipedia citation
×CloseCopy and paste this code into your Wikipedia page. Need help?
November 17, 2020 | Edited by MARC Bot | import existing book |
July 31, 2010 | Edited by IdentifierBot | added LibraryThing ID |
December 11, 2009 | Edited by WorkBot | link works |
April 1, 2008 | Created by an anonymous user | Imported from Scriblio MARC record |